GoGreen Afrikaans

Die bekendstelling van die Nelson Mandelabaaise Munisipaliteit (NMBM) se Go Green-veldtog het plaasgevind op die 5de Junie 2008, wat ook bekend staan as Wereld Omgewingsdag. Hierdie veldtog is basies daarop gemik om op ‘n kreatiewe en visuele stimulerende manier die klem te lê op verskillende inisiatiewe van die munisipaliteit wat konsentreer op omgewingsbewaring en volhoubare ontwikkeling vir die toekoms. Hierdie verskillende inisiatiewe, projekte en aksies is daarop gemik om die effektiewe en verantwoordelike bestuur en gebruik van natuurlike hulpbronne aan te moeding en om denke van volhoubare ontwikkeling te bevorder.

Die Go Green-veldtog leer ook die inwoners van Nelson Mandelabaai om "groen te gaan” deur alledaagse besluite en aksies te neem ter voordeel van die omgewing. Klein veranderinge kan n groot impak hê.

Om die noodsaaklikheid van die Go Green-veldtog ten volle te kan illustreer, gee ons ‘n paar verduidelikings van die mees kenmerkende terme wat gebruik word: 

a)    VOLHOUBARE ONTWIKKELING

Dit dui op ontwikkeling wat gebaseer is op volhoubaarheid en sluit gewoonlik in die oorweging van alle impakte as gevolg van ‘n voornemende ontwikkeling (insluitend ekonomies-, sosiale- en omgewings impakte). Vir ons omgewing om beide die huidige en toekomstige geslag te bevoordeel, moet ons meer volhoubare besluite neem. 

b)  KLIMAATSVERANDERING

Dit dui op n verandering in weerpatrone oor ‘n tydperk van 20 to 30 jaar, maar kan ook duisende jare insluit. Klimaat kan nie vergelyk word met weer nie (wat dui op toestande op n daaglikse basis). Die United Nations Framework Convention on Climate Change of UNFCCC definieer klimaatsverandering as ‘n "’n Verandering van die klimaat wat direk of indirek toegeskryf word aan menslike aktiwiteite wat die samestelling van die globale atmosfeer verander en wat bykomend is tot natuurlike klimaat variasie oor aansienlike tydperke” [direkte Afrikaanse vertaling]. 

c)  AARDVERWARMING

Dit verwys na ‘n geleidelike toename in die aarde se temperatuur oor die afgelope 100 jaar, met 'n skerp toename sedert die begin van industrialisering. Die term ‘aardverwarming’ word gewoonlik ook gebruik om te verwys na die verwarming van die aarde se atmosfeer deur sekere gasse (ook bekend as 'kweekhuisgasse’). Hierdie verwarming dra by tot plaaslike en wereldwye klimaatsverandering. 

d)  DIE OMGEWING

Ons omgewing sluit in groen plante, diere, lug, water en selfs geboue. Alle mense is geregtig op ‘n skoon en gesonde omgewing volgens die wet. 

Waarom moet ek "groen” gaan?/ Waarom Go Green? 

Onlangs was daar ' n toename in gebeure wat direk verband hou met die beskikbaarheid van natuurlike hulpbronne. Dit sluit in elektisiteitstekorte wat gelei het tot beurtkrag, watertekorte as ook drastiese veranderinge in weerpatrone. Die werklikheid van klimaatsverandering en die onverwagte gevolge wat dit sal hê op voedselproduksie, voedselsekuriteit, waterbronne en ontwikkeling kan die mens se kwesbaarheid tot hierdie onvoorspelbare gebeure verhoog. As hierdie kwessie van onvolhoubare uitputting van hulpbronne nie aangespreek word nie, sal ons as 'n samelewing minder in staat wees om met die gevolge saam te leef. Die NMBM, sy burgers en die burgerlike samelewing begin nou om erkenning te gee aan die noodsaaklikheid om ons natuurlike hulpbronne meer effektief en verantwoordelik te bestuur. Deur dit te doen, kan dit 'n positiewe uitwerking hê op ons huidige gesondheid, lewenskwaliteit en kan dit ook ‘n verlaging bring aan die huidige lewenskoste. 

 

Using a Touch Screen?
Click below for instructions to fix Touch/Swipe issues experienced in Microsoft Edge.

Show me the fix! No thanks
This might take a while depending on your connectivity.
Please be patient while we search the entire site & all its modules for you...